Eredienste: Sondae 09:00-10:00; Van Riebeecklaan 228, Lyttelton Manor x1, Centurion - kry aanwysings

Deltakursus

Datum: 30/07/2015 Tyd: 19:00 Plek: NG Kerk Lyttelton-Oos

bible3Ontdek die boeke van die Bybel in die volgorde waarin dit oorspronklik tot stand gekom het. Verstaan elke Bybelboek teen die geskiedkundige en polities-ekonomiese omstandighede waarin dit geskryf is. Wie is die mense wat die Bybel geskryf het? Leer die oorspronklike outers van Bybel ken sodat jy die eintlike Outer se stem beter kan hoor. Lees die Bybel met nuwe insig!

Volledige aantekeninge en ‘n kursuslêer word voorsien.

Wanneer: 30 Julie—17 September 2015

Tyd: Donderdagaande 19:00—21:00

Plek: NG Gemeente Lyttelton-Oos

Koste: R550 per persoon (Kursusmateriaal en verversings ingesluit—beurse beskikbaar)

Kontak: Ronél Vorster E-pos: ronelvorster@gmail.com Sel: 0824113855

Kursusprogram:

  • 30 Julie – Die aard en gesag van die Bybel. Oorsig oor 200 000 jaar se geskiedenis
  • 6 Augustus – Hoe die Bybel op skrif gekom het – van mondeling oorlewering tot manuskripte tot drukwerk
  • 13 Augustus – Die boeke van die Ou Testament wat voor die ballingskap tot stand gekom het.
  • 20 Augustus – Die boeke van die Ou Testament wat tydens die Ballingskap tot stand gekom het.
  • 27 Augustus – Die boeke van die Ou Testament wat na die ballingskap tot stand gekom het.
  • 3 September – Die evangelies en die “Historiese Jesus”
  • 10 September – Die boeke van die Nuwe Testament wat voor die Joods-Romeinse oorlog tot stand gekom het.
  • 17 September – Die boeke van die Nuwe Testament wat na die Joods-Romeinse oorlog tot stand gekom het

Dagboek

kyk na dagboek

Nuus Argief