Eredienste: Sondae 09:00-10:00; Van Riebeecklaan 228, Lyttelton Manor x1, Centurion - kry aanwysings

Leef soos Jesus – ‘n Geloofsvormingsproses

Datum: 04/08/2015 Tyd: 19:00 Plek: NG Gemeente Lyttelton-Oos

Hoe om ‘n Jesus-leefstyl aan te leer deur die proses van Geloofsvorming

WWJDOns almal ken die WWJD bandjies. Dit is veronderstel om ons te help om soos Jesus te leef. Hoekom werk dit nie? Omdat dit bloot oppervlakkige gedragsverandering bewerkstellig. Diep innerlike transformasie is egter wat nodig is. Hierdie program help mense wat graag dissipels van Jesus wil wees om soos Jesus te begin dink, voel en doen. Die transformasie wat jy in die wêreld wil sien, begin by jou! Word deel van hierdie program en begin om soos Jesus te leef.

  • Wanneer: 4 Augustus—27 Oktober 2015 (Twaalf sessies)
  • Tyd: Elke Dinsdagaand 19:00-21:00
  • Plek: NG Gemeente Lyttelton-Oos
  • Waarde: R650 per persoon (Kursusmateriaal en verversings ingesluit) – Beurse beskikbaar

Kontak Ronél Vorster by 082 662 4390

Dagboek

kyk na dagboek

Nuus Argief