Eredienste: Sondae 09:00-10:00; Van Riebeecklaan 228, Lyttelton Manor x1, Centurion - kry aanwysings

Praatsaam Kafee

Datum: 29/05/2016 Tyd: 17:00 Plek:

Kom gee jou mening!

Kom lug jou opinie!

Neem deel aan die gesprek!

Uiteindelik, ‘n plek waar jy jou sê kan sê en dit van jou hart kan kry.

Praatsaam Kafee is ‘n plek waar daar elke Sondagaand oor ‘n bepaalde onderwerp gesels kan word oor ‘n heerlike koppie van jou gunsteling warm drankie (of koel!) en ‘n snytjie koek. Ons gesels oor:

  • Verhoudings
  • Aktuele nuusgebeure en sake van die dag
  • Hoe om slegte gewoontes te verbreek
  • Hoe om ‘n goeie gespreksgenoot te wees
  • Sport
  • Flieks
  • Aardverwarming

… en nog baie meer.

So bring jou huidige vriende en ontmoet nuwes en kom gesels ‘n hond uit ‘n bos uit in ‘n warm, hartlike atmosfeer.

Ons skop Sondagaand 29 Mei om 17:00 af – moet dit nie mis nie!

Dagboek

kyk na dagboek

Nuus Argief