Eredienste: Sondae 09:00-10:00; Van Riebeecklaan 228, Lyttelton Manor x1, Centurion - kry aanwysings

Hoe berei ek myself voor vir die erediens?

Vir die erediens om die gewenste effek op my as gelowige te hê is dit belangrik dat ek sal verstaan waaroor die erediens eintelik gaan. Baie mense kom na ‘n erediens toe met die verkeerde gesindheid en stap dus teleurgesteld weg. Wanneer ek die erediens benader met die verwagting om …

  • lekker te “praise en worship”
  • ‘n manjifieke vertoning deur professionele mense gelewer te aanskou
  • ‘n mooi boodskappie te hoor
  • die Here se guns te wen
  • ‘n geestelike inspuiting te kry

… dan is die moontlikheid dat ek in my verwagting teleurgesteld gaan word baie sterk.

Waarom woon ons eredienste by? Ons woon eredienste by om deur die Here gevorm en geslyp te word ter wille van ons roeping en taak in die wêreld. Daarom, wanneer ons voorberei om die erediens by te woon, moet ons ons harte en verstand nie instel op ons eie behoeftes nie maar op dit wat God deur my in die wêreld rondom my wil doen.

Is ek nie te jonk / te oud hiervoor nie? Hoegenaamd nie. Ons kan elke dag net waar ons is ons omgewing (by die huis, by die skool, by die winkel, op die sportveld, langs (of op) die siekbed) vul met die liefde, vreugde en vrede van die Here.

Moenie dink aan volgende jaar of volgende maand nie. Fokus op vandag, more en die week wat kom. Elke keer wanneer ons die erediens bywoon berei die Here ons voor om in die komende week sy koninkryk te laat kom in die lewe van mense rondom ons.

Kom ons berei ons harte voor deur onsself te verloën, ons kruis op te neem en bewustelik Jesus te volg. Dieselfde gesindheid moet in ons wees wat daar ook in Jesus was. (Fil 2). Ons moet niks uit eersug of selfsug doen nie maar ‘n dienskneghart en – gesindheid kweek.

Wanneer ons dit doen sal ons nooit teleurgesteld huiswaarts keer ná ‘n erediens nie.

 

1 Kommentaar oor “Hoe berei ek myself voor vir die erediens?”

  1. Madelaine Steyn July 7, 2015

    Wanneer jy in die “gewoonte” kom om elke Sondag Erediens by te woon en jy mis een sondag weens omstandighede dan kan jy dit aan jou lyf voel. Dis of die hele week nie reg loop nie. Om in diens van die Here te staan moet jy geslyp en gevorm word om verseker te wees dat dit die Wil van God is in jou lewe om seker te wees jy bly op die regte pad. Dit raak in sigself ‘n opgewondenheid en ‘n nuuskierigheid om te wil Kerk toe gaan want wat wil die Here vandag vir jou sê


Lewer kommentaar

Dagboek

kyk na dagboek

Nuus Argief

  • e-Nuusbrief
  • Facebook
  • Twitter