Eredienste: Sondae 09:00-10:00; Van Riebeecklaan 228, Lyttelton Manor x1, Centurion - kry aanwysings

Hulp met trauma

HULP MET TRAUMA BESKIKBAAR

Twee van ons gemeentelede het die afgelope tyd ‘n internasionale sertifikaat in “Trauma Incident Reduction” verwerf en is nou opgelei om lidmate en alle ander mense wat trauma in hulle lewe beleef het te help om dit te verwerk.

Hulle is: Bianca van Graan (Tel: 012 664 6568 Sel: 071 493 7668 E-pos: brenatevangraan@yahoo.com) en Madelaine Steyn (Tel: 012 664 4458 Sel: 082 354 2455 E-pos: ngk@lytteltonoos.org.za)

Ons kan jou help met enige trauma wat jy al in jou lewe ervaar het en dit nog nie verwerk het nie, al is dit 20 jaar gelede. Onthou dat, al dink jy jy het ’n trauma verwerk en gaan normaal aan, is daar ’n groot moontlikheid dat die trauma sekere reaksies uitlok in jou lewe, dinge wat jy dalk moontlik anders sou gedoen het.

Die proses word baie vertroulik hanteer. Skakel Madelaine of Bianca gerus om meer uit te vind.

Geen kommentaar oor “Hulp met trauma”

Lewer kommentaar

Dagboek

kyk na dagboek

Nuus Argief

  • e-Nuusbrief
  • Facebook
  • Twitter