Eredienste: Sondae 09:00-10:00; Van Riebeecklaan 228, Lyttelton Manor x1, Centurion - kry aanwysings

Transform – Sentrum vir Lewensvernuwing

Die Transform Sentrum vir Lewensvernuwing is ‘n bediening vanuit die NG Gemeente Lyttelton-Oos wat daarop gemik is om die lewens van die mense in ons omgewing en elders deur middel van toepaslike en opwindende kursusse en seminare te verryk en te vernuwe. Besoek Transform se webwerf: http://www.transformlife.co.za.

Ons bied vir soorte kursusse aan:

Bybel en Teologie – Kursusse wat belangstellendes meer inligting gee oor die Bybel en hoe die Bybel God aan ons openbaar. Kursusse soos:

  • Deltakursus – Hoe om die Bybel te lees en te verstaan. Dit bied ‘n oorsig oor die hele Bybel en hoe dit ontstaan het.
  • Waar kom al die kerke vandaan? – Ontdek hoe en wanneer al die ander kerke ontstaan het.

Geloofsvorming (Spiritualiteit) – Kursusse wat mense help om hulle verhouding met God te verryk en te verdiep.

  • Leef soos Jesus – Hoe om ‘n ten volle toegewyde dissipel van Jesus Christus te wees
  • Waar die Gees beweeg – Geloofsvorming gister en vandag

Lidmaatbemagtiging – Kursusse wat gemeentelede en enige ander belangstellendes toerus vir hulle dienswerk as dissipels van Jesus Christus.

  • Langs die siekbed – hoe om mense wat siek is te ondersteun

Lewensverryking – Kursusse wat mense help om voluit te lewe.

  • Ontdek jou Potensiaal – hoe om jou gawes en talente te ontdek en tot eer van die Here aan te wend.
  • Vrugbare verhoudings – put vreugde uit die verhoudings met die mense rondom jou.
  • Verryk jou huwelik! – ‘n kursus vir huweliksvoorbereiding en -verryking.
  • Leef voluit! – hoe om jou lewe te organiseer en elke dag ten volle te benut.

 

Dagboek

kyk na dagboek

Nuus Argief

  • e-Nuusbrief
  • Facebook
  • Twitter